Tien lig-en-loer-flappies met versteekte verrassings gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor dinge wat beweeg uit te vind - van treine en bote tot fietse en roltrappe!
Die flappies is sterk genoeg vir selfs die gryperigste handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die prettige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die verskillende dinge wat beweeg te ontdek.
Gee lewe aan die avontuur met:
1. Koekie drukker in die vorm van iets wat beweeg – laat dit beweeg in die kombuis
2. Speelgoed bootjie – dit kan gaan: in die bad, in die stort, in die park!
3. Verkeer sagte skuim groei sponsies – kyk hoe dit groei en beweeg
4. Verkeer plakkers – Help reël die verkeer op die muur, op die vloer, of op ‘n papier
5. Toebroodjie vorm drukker – kyk hoe die broodjie 'vlieg'!


